Tennis

Tennis is ‘n heeljaar-lekkerte by Laerskool Unika. Oefeninge strek oor die hele week vir die onderskeie ouderdomsgroepe. Mini-tennis word vir Gr R tot Gr 3 leerlinge aangebied. Die 0/10 en 0/11 spelers is ons junior tennisspelers en die senior spelers is die 0/12 en 0/13 groepe. Die junior- en seniorspanne  word afgerig deur ‘n buite-afrigter. Sy is ook beskikbaar vir privaatafrigting van ons leerders. Kontak sportkantoor (sport@unika.co.za) vir meer inligting.

Wedstryde teen ander skole word gedurende die eerste- en vierde kwartaal gespeel (enkels sowel as dubbels).  

Unika se interne skoolkampioenskappe vind plaas in die vierde kwartaal. Daar word in drie kategorieë deelneem, nl. Graad 3, Juniors en Seniors.

Gedurende April en Augustus neem Unika se tennisspelers onderskeidelik aan die jaarlikse junior- en seniortoernooi te Bethlehem deel. Dit is die grootste tennistoernooi vir laerskole in Suid-Afrika met meer as 60 spanne wat hul onderskeie skole verteenwoordig. 

registreer op              en ontvang nuus soos dit gebeur