SKOOL URE

07:25-13:30 (Ma – Vry)

KONTAK
011 888 4556
E-POS

ontvangs@unika.co.za

Welkom
by Laerskool Unika

GELOOF | WAARDES | RESPEK

Januarie 1959 was ‘n gewone Maandag, soos elke ander Maandag. Dit was egter ook die begin van ‘n nuwe skooljaar.  In die Noordweste van die stad – in ‘n voorstad wat kort daarna as Randburg bekend sou staan – het 128 Afrikaanse kinders in die woobuurt Robindale by hul nuwe skool opgedaag: Robindale Laerskool.

Die waarnemende hoof, mnr. P.W. van Opperman, en vier van sy assistente het die kinders verwelkom. 

Die grade en leerlinge was soos volg versprei:

  • 39 kinders in graad 1,
  • 21 in graad 2,
  • 27 in standerd 1 (Gr 3),
  • 18 in standerd 2, Gr 4)
  • 14 in standerd 3 (Gr 5), en
  • Slegs 9 in standerd 4 (Gr 6).

Daar was op hierdie dag geen standerd vyf (Gr 7)-leerlinge nie. Boeke en toerusting was ook nie dadelik beskikbaar nie, maar die skoolgebou self was gereed – teen ‘n prys waarvoor vandag net ‘n klein huisie gekoop sou kon word. 

Die skool het bestaan uit drie blokke:

  1. Administratiewe blok en saal
  2. Tweede blok: Twaalf klaskamers, ‘n biblioteek en kleedkamers
  3. Derde blok: Vier klaskamers – twee vir graad 1 en twee vir graad 2

In die eerste bestaansjaar moes daar besluit word oor ‘n kenmerkende skooldrag. Die keuse het geval op koningsblou baadjies, grys winterrokkies, ougoud somerrokkies, en grys broeke en blou hemde vir die seuns.

Die skool het steeds ‘n naam nodig gehad. In 1960, Uniefees jaar, is die skool amptelik herdoop na Laerskool Unika.  Aan die einde van die tweede kwartaal was die skool volledig ingelyf met sy nuwe naam, wapen en skooldrag.

Ons leuse: 

“ONS BOU!”

Die skoolwapen se simboliek:

  • Hande: Simboliseer vriendskap en hulp aan almal
  • Bybel: Die fondament van geloof, met ‘n opkomende son in die agtergrond.
  • Troffel: ‘n Teken van bouwerk, steen vir steen, geplaas op die kaart van Suid-Afrika.
  • Hierdie simboliek word versterk deur die teks van Psalm 127“As die Here die huis nie bou nie…”

In 1992 word die Laerskool Randburg deel van Laerskool Unika op ons huidige terrein toe die twee skole saamgesmelt het. Die begin van  ‘n ware gemeenskapskool vir die Randburg omgewing.  

Welkom by die webtuiste van Laerskool Unika! Jou unieke skoolervaring.

AKADEMIE

By Unika is ons trots daarop om al die kinders deur uitsonderlike akademie te koester.

SPORT

Unika bied verskeie sportsoorte aan, en atlete kry die geleentheid om op streeks- en provinsialevlak deel te neem.

KULTUUR

Ons kultuuraktiwiteite is nie net buitemuurs nie; hulle is ‘n integrale deel van ons studente se holistiese ontwikkeling.

Uitmuntend.
Net soos u dit wil hê.

Laerskool Unika

GELOOF | WAARDES | RESPEK

Tradisionele waardestelsels

Innoverende en moderne benadering tot onderwys met tradisionele waardestelsels

Kultuur-en-sport programme

Dinamiese kultuur-en-sportprogram met akademie wat ALTYD prioriteit geniet

Onderwysspan

Uitnemende, passievolle onderwysspan.

Veiligheid

Veiligheid vir u kinders met 104 CCTV kameras op ons terrein

Uitmuntende fasiliteite

Uitmuntende fasiliteite waarop ons kinders en ouers trots kan wees

Bekostigbaar

Bekostigbaare skoolfooie

Samewerking

Kultuur van samewerking tussen ouers, onderwysers en ‘n bekwame beheerliggaam

Wat Unika se ouers sê

“Ek het by drie skole aansoek gedoen vir plasing vir 2019 graad 1. Met die inhandiging van die nodige dokumente, was Unika die enigste skool wat my tuis laat voel het. Die klasse is klein genoeg sodat die onderwysers aandag kan gee aan elke kind se behoeftes. Ek kan nou met gemak se ek het die regte besluit geneem. My dogter is gelukkig, Sy kom huis toe elke dag met ‘n glimlag, en kan nie wag om my te vertel wat sy als geleer het en wat sy als gedoen het deur die dag nie. Julle is uitstekend..”

- Elize Fourie

Unika het vir my uitgestaan oor die akademie en sport so effektief genader word. Hul gee om en is mense mense, maar streng. Glo in net die beste vir ons kinders en sal enige iets doen om dit aan ons kinders te gee. Ons is baie gelukkig

- Noreen Koster

“Unika het vir my uitgestaan oor die akademie en sport so effektief genader word. Hul gee om en is mense mense, maar streng. Glo in net die beste vir ons kinders en sal enige iets doen om dit aan ons kinders te gee. Ons is baie gelukkig”

- Alicia Schelin

Unika is vir my waar my kind veilig is. Netjiese gronde, dissipline, goeie onderwysers. Uitstekende administrasie kantoor. Ek dink ook die beheerliggaam doen werklik goeie werk. Ons is baie gelukkig by Unika. Shoes en Kenneth wat elke kind se naam ken maak my hart warm.

- Noreen Koster