Swem

Unika swemspan

Laerskool Unika neem reeds vanaf Februarie 2013 aan die Johannesburg Noord-skole swem-liga deel. 

Ons was in 2014 in die C-liga en het sedertdien 17 plekke in die ranglys opbeweeg en swem tans in die B-liga. Die onderskeie galas vind op Vrydae  plaas. Daar is vier individuele galas tydens die eerste kwartaal en vier aflosgalas tydens die vierde kwartaal. 

Afrigting vind plaas by Hoërskool Randburg onder leiding van Catherine van der Walt. 

“Ek wil julle inspireer om goeie moed te hou Unika. Met ‘n positiewe gesindheid en gewillige hart kan ons oseane oor kom!! Om te wen is nie alles nie, maar om die wilskrag te hê om te wen beteken meer. Totale inspanning beteken totale oorwinning. Dit is ALTYD te vroeg om op te hou probeer!!” Cathrine.

Kontak die Sportkantoor vir navrae (sport@unika.co.za)




 

registreer op              en ontvang nuus soos dit gebeur