#UNIKATENNIS
Tennis
#unikatennis is ‘n heeljaar-lekkerte by Laerskool Unika. Oefeninge strek oor die hele week vir die onderskeie ouderdomsgroepe. Die junior-(gr. 3 – 5) en seniorspanne (gr. 6 en 7) word afgerig deur ‘n buite-afrigter. Sy is ook beskikbaar vir privaatafrigting vir ons leerders.
Wedstryde teen ander skole word gedurende die eerste, derde en vierde kwartaal gespeel en Unika het ook hulle eie interne skoolkampioenskappe. Daar word in drie kategorieë deelneem, nl. Graad 3, Juniors en Seniors.
Gedurende April en Augustus neem Unika se tennisspelers onderskeidelik aan die jaarlikse junior- en seniortoernooi te Bethlehem deel. Dit is die grootste tennistoernooi vir laerskole in die land.
Ons topspelers word ook ingeskryf vir provinsiale proewe.