Rugby

By Laerskool Unika bied ons rugby aan vanaf 0/6 tot 0/13 tydens die tweede kwartaal van die jaar. Die 0/9 tot 0/13 spanne neem deel aan erkende ligas en speel ook in 'n verskeidenheid vriendskaplike wedstryde.  Rugbyklinieke word deurlopend vir die 0/9 tot 0/13 spanne aangebied.

TAU-rugby

Laerskool Unika bied jaarliks die TAU-toernooi aan vir alle 0/6 tot 0/8 rugby- en netbalspelers. Hierdie toernooi  vind op 3 agtereenvolgende Donderdae  tydens die tweede kwartaal plaas. Die toernooi is baie gewild en soveel as 10 skole neem jaarliks deel.  In 2018 het 42 rugby- en 65 netbalspanne deelgeneem aan 'n totaal van 142 wedstryde. Die toernooi is nie kompeterend en fokus op die ontwikkeling van die sport en om soveel moontlik kinders 'n kans te gee om deel te neem.

Liga wedstryde
Die volgende skole maak deel uit van die Liga waarin Laerskool Unika deelneem: Laerskool Oosterkruin, Laerskool Delville, Laerskool Esperanza, Laerskool Theo Wassenaar,Bryanston Parrallel, Laerskool Jan Celliers en Laerskool Louw Geldenhuys.

 

Unika Rugby

registreer op              en ontvang nuus soos dit gebeur