#UNIKAVOORTREKKERS
Voortrekkers
Die Voortrekkers het Drawwertjies (dogterspanne) en Penkoppe (seunspanne) in elke jaargroep vanaf graad R tot 7.
Dis ‘n kultuurbeweging wat die jeug, bemagtig om as positiewe burgers suksesvol te wees. Elke lid bereik sy potensiaal deur nuwe geleenthede te gebruik om effektiewe, persoonlike leierskap te ontwikkel.
Leerders kry ook kans om by te dra tot die opbou van ‘n wonderlike land en ervarings te beleef. In die voortrekkers word nuwe plekke besoek en vriendskappe word gevorm.
Kom beleef méér avontuur en die land se natuur.