Koor

Laerskool Unika spog met twee  kore wat uit ongeveer 80 tot 120 leerders bestaan. Unika is lief vir sing en by die koor ontwikkel leerders 'n liefde en waardering vir sang en musiek deur liedere te sing wat relevant in hulle leefwêreld is.  Stemontwikkeling, asemhaling en om te luister vir mekaar word ingeoefen, maar die belangrikste is dat die leerders die sang en musiek moet geniet.

Die skool het 'n juniorkoor (Gr 1-3) en 'n seniorkoor (gr 4-7).  Leerders word aan die begin van elke jaar gekeur deurmiddel van 'n stemtoets wat almal moet aflê.

Beide kore kry optreegeleenthede gedurende saalbyeenkomste, by kerkdienste en by skoolfunksies.  Ons kore neem ook gereeld deel aan die Eisteddfod en word genooi na verskeie koorfeeste.

Elke tweede jaar bied Laerskool Unika 'n sangfees genaamd Unimakiti.

Die program bestaan uit kooroptredes, gaskunstenaars en individuele optredes.

registreer op              en ontvang nuus soos dit gebeur