Laerskool Unika se senior- en juniorafdeling hou elke derde jaar konsert.  2017 is die seniors se beurt en volgende jaar kry die juniors weer ‘n kans vir glitter en skitter. 

Unika se konsert is nie net danspassies nie, maar daar word maande aan die perfekte teks gewerk waarna oudisies vir die hoofrolle en soliste afgelê word.  Die musiek word sorgvuldig gekies om by elke toneel te pas en dan begin die pret en dans.   

In 2017 voer die seniors “’n Haas moet doen wat ‘n haas moet doen” op en 2018 voer die juniors "Die wonderlike avonture van Ben" op.  Leerders word blootgestel aan nuwe danse in wonderlike uitrustings en die hoofrolle kan hulle rolle uitleef met radio mikrofone.

In 2019 begin ons ons eerste #kunsonderdiesterre kunstefees.  Verskillende lokale met verskillende tye word oopgestel vir dans, toneel, redenaars, soliste en nog vele meer.  Die die gehoor kan besluit watter konsert hulle wanneer wil bywoon.  Deur die aand word ons leerders se kuns uitgestal en 'n hoofverhoog in die vierkant bied die hele middag musiek vir almal se ore.  Die aand word formeel afgesluit met ons kore en 'n gaskunstenaar wat hierdie jaar Steffie le Roux was.  Na verlede jaar se sukses kan ons nie wag vir 2020 se #kunsonderdiesterre.

registreer op              en ontvang nuus soos dit gebeur