Atletiek

Atletiek word aangebied vanaf O/6 tot O/13. Ons atletiekseisoen is gedurende die eerste kwartaal, maar afrigting begin reeds gedurende die vierde kwartaal van die vorige jaar. Kinders kan deelneem aan naellope, langafstande en velditems soos hoogspring, verspring en gewigstoot.

Interhuis 

Die Interhuisbyeenkoms vind jaarliks gedurende Januarie plaas. Ons drie spanne, blou, wit en geel kompeteer vir die spanbeker sowel as 'n geesbeker. Die byeenkoms word afgesluit met 'n verwelkomingsbraai waar ouers lekker om ‘n braaivleisvuur kan kuier. 

Na afloop van die interhuisatletiek, word die span vir die Interlaerkompetisie aangewys wat  tydens Februarie aan die Interlaerbyeenkoms deelneem by die Ruimsig Stadion.

 

 

 

 

 

registreer op              en ontvang nuus soos dit gebeur