Skoolure

07:25-13:30 (Ma – Vry)

Kontak

011 888 4556

E-pos

ontvangs@unika.co.za

Graad vier tot ses

Belangrike Algemene Inligting

Slaagvereistes

  • Afrikaans: Ten minste vlak 4 (50%)
  • Engels: Ten minste vlak 3 (40%)
  • Wiskunde: Ten minste vlak 3 (40%)
  • Natuurwetenskap, Sosiale wetenskap, Lewensoriëntering: Ten minste vlak 2 in twee van hierdie vakke (30%)

Berekening van finale Rapport punte – Graad VIER to SES

  • Deurlopende assessering: 75%
  • Formele assessering: 25%

Dagboek

Gr. 4 en 5 leerders ontvang ‘n Unika-dagboek.  Leerders kry genoeg tyd om huiswerk in hul dagboeke af te skryf. Leerders moet hulle dagboeke gebruik.

Huiswerk

  • Die onderwyser stap deur en maak seker dat huiswerk afgeskryf word.  
  • Daar is dae wanneer leerders nie huiswerk het nie (bv. atletiekbyeenkomste, ens.) dus sal daar dan nie huiswerk in die huiswerkboek aangeteken wees nie.  
  • Huiswerk is verpligtend, maar indien daar ‘n probleem was en die leerder nie die huiswerk kon voltooi nie, moet u asb. dit aan die onderwyser deurgee. (Skryf in dagboek/ e-pos asb.)
  • Indien daar ‘n gereelde patroon is sal dit met die graadhoofde opgeneem word. Leerders moet die verantwoordelikheid neem vir werk wat nie voltooi is nie.

Afrikaans- en Engels mondeling:

  • Daar is slegs een voorbereide mondeling per kwartaal in beide tale. 
  • Die onderwerp word ten minste 2 weke voor geskeduleerde datum deurgegee.
  • Indien leerder nie voorberei het vir mondeling nie, sal hy/sy onvoorbereid moet praat.
  • Die toespraak moet asb. in beplanningsboek geskryf / geplak word.
  • Flitskaarte is verpligtend.

Lees

  • Leerders moet hul eie boeke tuis lees waarna ‘n boekverslag ingevul moet word.
  • Sien asb. klaskamerpraktyk wat voor in skrifte geplak word.
  • Let wel, leerders mag ‘n ‘Kindle’ saambring, maar dit bly die leerder se verantwoordelikheid om dit op te pas.

    Afbakening, toetse en eksamen – Graad VIER to SES

    • Gedurende Kwartaal 1 en 3 word toetse geskryf en gedurende Kwartaal 2 en 4 word eksamen geskryf. 
    • Afbakening word ‘n week voor die geskeduleerde toets aan leerders uitgedeel. Dit is ook op D6 beskikbaar.  
    • Tydens die eksamen kom die skool 12:00 uit. Daar is wel toesig tot 13:30 beskikbaar. 
    • Indien ‘n leerder afwesig is tydens ‘n toets, word die toets geskryf die eerste dag wat hy/sy terug is by die skool. Geen deurlopende punt word gebruik nie.
    • Sieketoets sleg met doktersbrief toegelaat.

    Rapporte

    Rapporte word aan die einde van elke kwartaal uitgedeel.

     

    Vakke

    1. Afrikaans
    2. Engels
    3. Wiskunde
    4. Natuurwetenskap en Tegnologie
    5. Sosiale Wetenskap:  (Geografie & Geskiedenis)
    6. Lewensvaardighede:
      1. Kreatiewe Kunste
      2. Persoonlike-en-Sosiale-Welstand
      3. Bewegingsleer  (BL-drag verpligtend)