Graad TWEE
Huiswerk
- Geskrewe sowel as mondelinge huiswerk is verpligtend Maandag tot Donderdae.
Lees
- Leerders ontvang weekliks ʼn leesboek. Aanvullende lees word baie aangemoedig.
Skryfbehoeftes
- Skryfbehoeftes moet duidelik gemerk word en vervang word as dit opgebruik is.
Geld
Snoepiegeld
- Graad twees mag op Vrydae snoepie koop. Hulle word aangemoedig om verantwoordelik met hul snoepiegeld te werk.
Kommunikasie
- Belangrike inligting word op d6 geplaas.
- Ouers kan met onderwyseres kommunikeer dmv epos.
- Belangrike inligting soos afwesigheid, siektes en allergieë moet met onderwysetres gekommunikeer word.
- Skrifte word gereeld huis toe gestuur om ouers op hoogte te hou van hul kind se vordering.
Af-en-oplaai van kinders
- Graad 2 leerders begin 7:30 en verdaag 13:05.
- Geen leerder mag buite die hekke wag nie.
Kospakkies
- Gesonde kos en water moet vir leerders ingepak word.
- Dit is opsioneel om iets te stuur vir u kind se verjaarsdag. Individueel verpakte kolwyntjies is geskik vir ʼn skool partytjie.
Buitemuurse aktiwiteite
- ʼn Groot verskeidenheid aktiwiteite word na skool aangebied.
D6 Kommunikeerder
- Laai School Communicator af om belangrike inligting en dringende kennisgewings van skool te ontvang.