SKOOL URE

07:25-13:30 (Ma – Vry)

KONTAK
011 888 4556
E-POS

ontvangs@unika.co.za

Graad R

Klere

  • Merk alle klere.
  • Geen fantasieklere word toegelaat nie, bv. Batmanpakke, Sneeuwitjie-rokke, ens.
  • ‘n Ekstra stel klere moet ingepak word vir glipsies of ongelukke (skeur van kledingstuk ens.)

Bewegingsleër klere

  • Bewegingsleer-klere word elke Dinsdag gedra.
  • Kaalvoete word aangmoedig aangesiendit goed vir kinders se ontwikkeling.

Naskool

  • Unikannetjies is beskikbaar.
  • Unikannetjies –kinders word by gr. R–speelgrond ontmoet na skool.

Verjaarsdae

  • Verversings kan op verjaarsdae skool toe gestuur word – reël vooraf met klasonderwyseres.

Buitemuurse aktiwiteite

  • Skoolaktiwiteite: mini-netbal en Welpie-rugby (nie-betaalbare aktiwiteite). Let asb. op dat Welpie-rugby en Ruggakids verskillende aktiwiteite is.

Temaweek-brief

  • Word weekliks uitgestuur.
  • Brief bevat inligting soos bv. benodigdhede wat skooltoe gebring moet word (boksies, gom, ens.) as ook ‘huiswerk’ (liedjes wat geoefend moet word, ens.)
  • Afvalmateriaal soos lap, wol, karton, ens. is altyd welkom.

Kommunikasieboekies

  • Moet elke dag deur ouer/voog nagegaan en geteken word. Ouers/voogde kan’n boodskap aan personeel in boekie skryf wanneer nodig.

Spogkaarte

  • Word as deel van ‘n beloningssisteem gebruik.
  • Word in kommunikasieboekie geplak.
  • Belonings word gegee vir 10, 20, 30 ens. spogkaarte.
  • Leerders kry ook geleentheid om by verskillende onderwysers te gaan spog.

Kommunikasie-en-inligtingsbrief

  • Kommunikasie word in lêers geplaas, gaan lêer daagliks na.
  • Inligtingsbriewe is ook elektronies beskikbaar op d6 en onder nuus/admin op website.

Personeel se e-pos adresse

  • Beskikbaar op die skool se webblad en
  • Personeel poog om alle e-mails binne 48 uur te beantntwoord.

D6 Kommunikeerder

Afwesighede

  • Leerder moenie onnodig tuis gehou word nie aangesien assessering deurlopend gedoen word.
  • Sieknota moet na klasonderwyser gestuur word.

Lees

  • Kleuters word nie geleer om te lees.
  • Fokus word op perseptuele vaardighede geplaas.
  • Hoëfrekwensie woordeskat word aangeleer wat gesien word as “lees”.

Onderhoude met ouers

  • Twee persone sal teenwoordig wees – klasonderwyseres en ’n ander onderwyseres om notule te neem (Gewoonlik die graadhoof).