SKOOL URE

07:25-13:30 (Ma – Vry)

KONTAK
011 888 4556
E-POS

ontvangs@unika.co.za

Graad DRIE

Selfoonnommers

  •  Gebruik die kommunikasieboekie om inligting deur te gee vir die onderwyser. U kan ook e-pos vir die onderwyser stuur.

Huiswerk

 
  • Ouers is verantwoordelik om huiswerk te merk al is die leerder by ‘n nasorgsentrum.
  • Gr.3-leerders word aangemoedig om huiswerk selfstandig te voltooi.
  • Mondeling: Leerders sal betyds die datums van elke mondeling ontvang. Leerders moet dit by die huis gaan voorberei en die Vrydag aan die klas voorlê. Daar word punte vir die volgende toegeken

Lees

  •  Leesboek moet elke dag by die skool wees, aangesien onvoorbereide assessering deurgaans plaasvind.
  • Ons ruil weekliks boekies – een week kry hulle ‘n Afrikaanse boekie en dan die volgende week ‘n Engelse boekie.

Skryfbehoeftes

 
  • Die verbruikbare skryfbehoeftes moet u self aankoop, soos uiteengesit op die skryfbehoeftelys. 
  • Merk asb. alle skryfbehoeftes duidelik.

Geld

Snoepiegeld
 
  • Daar is nie ‘n spesifieke dag vir snoepie nie, ouers besluit self watter dag u kind by die snoepie mag koop. Die onderwyser stuur die leerders ‘n rukkie voor pouses.
Ander geld
  • Indien moontlik maak gebruik van elektroniese betalings en stuur slegs ‘n bewys skool toe.

Omsend-en-inligtingsbriewe

 
  • Kyk daagliks vir briewe. Vul skeurstrokies in en stuur slegs die skeurstrokie terug deur dit in die huiswerklêer te plaas. Plaas dit dan in die plastieksakkie heel voor.
  • Die skool kommunikeer ook deur die d6 -School Communicator.

Afwesighede

 
  • Indien ‘n leerder tuis bly vir enige ander rede as siekte, moet toestemming by die skoolhoof verkry word.

Laat wees vir skool

  • Die skool begin stiptelik om 07:30 en eindig om 13:30.

Siekte en allergieë

  • Dit is noodsaaklik om registeronderwysers en kantoorpersoneel in te lig van enige ernstige allergieë.

Afhaal van leerders

  • Geen ouers mag voor die klasse wag vir leerders nie.

Leerders se skrifte en werkboeke

  • Leerders se skrifte en werkboeke word na die afhandeling van onderskeie tema’s huis toe gestuur.
  • Boeke moet weer die volgende dag terug gestuur word skool toe sodat u kind daarin kan werk.

Buitemuurse aktiwiteite

  • Moedig u kind aan om aan buitemuurse aktiwiteite deel te neem. Dit is belangrik vir hulle sosiale en emosionele ontwikkeling.
  • Hou gerus die d6 dop vir meer inligting in die verband.

Beweginsgleër

  • BL vir Gr. 3’s is elke Dinsdag. Dit is die enigste dag van die week wat leerders met hulle BL klere mag skool toe kom.

Verjaarsdae

  • Indien u iets wil skool toe stuur, sal verjaarsdagpakkies of ‘cupcakes’ raadsaam wees

D6 Kommunikeerder

Personeel