Skoolure

07:25-13:30 (Ma – Vry)

Kontak

011 888 4556

E-pos

ontvangs@unika.co.za

Graad sewe

Belangrike Algemene Inligting

Slaagvereistes

  • Afrikaans: Ten minste vlak 4 (50%)
  • Engels: Ten minste vlak 3 (40%)
  • Wiskunde: Ten minste vlak 3 (40%)
  • Enige 3 vakke ten minste vlak 3 (40%)
  • Enige 2 vakke ten minste vlak 2 (30%)

Berekening van finale Rapport punte

  • Deurlopende assessering: 40%
  • Formele assessering: 60%

Huiswerk 

  • Huiswerk is verpligtend, maar indien daar ‘n probleem was en die leerder nie die huiswerk kon voltooi nie, moet u asb. dit aan die onderwyser deurgee. (Skryf in dagboek/ e-pos asb.)
  • Indien daar ‘n gereelde patroon is sal dit met die graadhoofde opgeneem word. Leerders moet die verantwoordelikheid neem vir werk wat nie voltooi is nie.

Afrikaans- en Engels mondeling:

  • Daar is slegs een voorbereide mondeling per kwartaal in beide tale. 
  • Die onderwerp word ten minste 2 weke voor geskeduleerde datum deurgegee.
  • Indien leerder nie voorberei het vir mondeling nie, sal hy/sy onvoorbereid moet praat.
  • Die toespraak moet asb. in beplanningsboek geskryf / geplak word.
  • Flitskaarte is verpligtend.

Lees

  • Leerders moet hul eie boeke tuis lees waarna ‘n boekverslag ingevul moet word.
  • Sien asb. klaskamerpraktyk wat voor in skrifte geplak word.
  • Let wel, leerders mag ‘n ‘Kindle’ saambring, maar dit bly die leerder se verantwoordelikheid om dit op te pas.

    Afbakening, toetse en eksamen

    • Gedurende Kwartaal 1 en 3 word toetse geskryf en gedurende Kwartaal 2 en 4 word eksamen geskryf. 
    • Afbakening word ‘n week voor die geskeduleerde toets deur leerders afgeskryf.
    • Afbakening vir eksamens word aan leerders uitgedeel en sal op Google classroom beskikbaar wees   
    • Tydens die eksamen kom die skool 12:00 uit. Daar is wel toesig tot 13:30 beskikbaar. 
    • Indien ‘n leerder afwesig is tydens ‘n toets, word die toets geskryf die eerste dag wat hy/sy terug is by die skool. Geen deurlopende punt word gebruik nie.
    • Sieketoets sleg met doktersbrief toegelaat.

    Rapporte

    Rapporte word aan die einde van elke kwartaal uitgedeel.

     

    Vakke

    1. Afrikaans
    2. Engels
    3. Wiskunde
    4. Natuurwetenskap
    5. Sosiale Wetenskap: (Geografie & Geskiedenis)
    6. Lewensoriëntering:
        1. Lewensoriëntering
        2. Bewegingsleer (BL-drag verpligtend)
    1. Tegnologie
    2. Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
    3. Skeppende Kuns