Skoolure

07:25-13:30 (Ma – Vry)

Kontak

011 888 4556

E-pos

ontvangs@unika.co.za

Ons Graad 1’s van 2026 begin hul skoolreis…

13 Jan 2026

’n Spesiale eerste skooldag

Vandag was ’n besonderse mylpaal by Laerskool Unika toe ons Graad 1-leerders van 2026 hul heel eerste skooldag aangepak het. Hierdie dag word jaarliks anders gereël om die eerste skoolweek rustiger te maak en om hulle van die begin af welkom, veilig en spesiaal te laat voel.

’n Tradisie wat harte raak

Hierdie geliefde tradisie is reeds jare lank deel van Unika se kultuur, maar het verlede jaar ’n ekstra betekenisvolle dimensie gekry met die inhuldiging van ons pragtige moderne skoolklok.

Ons hoof, Meneer Marius Swanepoel het die Graad 1’s by die skoolhek verwelkom. Elke leerder het die hoof se hand geskud voordat hulle die klok vir die heel eerste keer gelui het. ’n Simboliese begin van hul laerskoolloopbaan.

Daarna het die leerders saam met hul ouers verby die 2026-personeel met groot glimlagte gestap. Wat ’n oomblik vol trots, opgewondenheid en emosie.

’n Sirkel wat eendag weer voltooi word

Hierdie tradisie dra ook ’n diep simboliese betekenis:

Oor sewe jaar, wanneer hierdie leerders hul laerskoolloopbaan voltooi sal hulle weer die klok lui, maar hierdie keer as ’n afskeid, wanneer hulle vir die laaste keer deur Unika se hekke sal stap.