Oupa en oumadag

Ek wil graag van ons kant af al die mense wat die Ouma en Oupa dag gereël het so baie dankie sê!

 

Dit was vir my Pa en Ma ‘n wonderlike ervaring en hulle het dit so geniet! Dit was hulle eerste bloodstelling aan Unika en omdat mense maar soms wan-indrukke het van “staat” skole kon hulle nie glo hoe georganiseerd en skoon alles was nie. Hulle het nog gesê die badkamers was rerig pragtig skoon en die eetgoedjies van hoogstaande gehalte! Dankie dat julle hulle so bederf het! 

 

Hulle het die konsert terdeë geniet en daar moes baie oefen en geduld ingegaan het – baie dankie ook vir al die juffrouens met hul moeite! 

Veder het Robert se klas en die speel terrein hulle ook baie be?ndruk.

Ons is baie trots op Unika en bly dit het ook indruk by Oupa en Ouma gemaak.

'n Hoendervleis oomblik!

 

 

 

Koor

‘n Trotser ouer kon jy nie kry toe die Unika Laerskool se seniorkoor opgetree het by die Eisteddfod by St Stithians College nie.

Soveel persoonlike genot, spontaniteit en energie het ek lanklaas by

'n koor beleef. Ons was nie verbaas dat Unika se koor 'n diploma verwerf

het met hulle optrede nie. 

Om amper 'n honderd kinders so af te rig met sang en beweging verg

gedissiplineerde en ure se toewyding. Langs die weg die opregte dank

van 'n trotse ouer van 'n koorlid, aan Mariette Galjaard en almal wat met

die koor behulpsaam is. Geluk ook aan elke koorlid, julle verdien julle

aandeel aan die diploma. Unika se seniorkoor is 'n vertoonvenster van

die totale kultuurbelewenis van Laerskool Unika.

 

Ons bou in jou kind se lewe

Goeiedag aan al die personeel van Laerskool Unika

 

Verlede jaar in Oktober het my seun en ek vol verwagting by die skool ingestap met die hoop om vir ons seun ‘n plekkie in die skool te soek. Sonder aarseling en met oop en warm harte het almal waarmee ons in aanraking gekom het, ons verwelkom. Juffrou Ansonet het sommer dadelik selfs vir hom ekstra Engelse klasse gegee, sodat sy standaard van die taal kon regkom voor die aanvang van die nuwe skooljaar.

Deur die loop van die afgelope kwartaal het ek ‘n ander kind leer ken. Hy geniet die nuwe maats in die skool en selfs die skoolwerk. Hy spoor homself aan om te leer en net sy beste te gee. En dan die kroon op alles - gister kom ‘n stralende kind tuis met ‘n ongelooflike rapport in die hand!

Vandag wil ek julle een en almal bedank vir die onmeetlike insette wat julle elkeen so onvoorwaardelik elke dag gee! Sonder ‘n personeelkorps wat hard werk is hierdie uitslae van ons kinders nie moontlik nie!

 

Dankie vir al die BOUwerk wat julle in ons seun ingesit het! Julle almal leef voorwaar die skool se leuse voluit – JULLE BOU.

Ons terrein vat die koek - sê 'n ouer

Ek wil julle geluk wens met die skool se netheid en versorging. Na besoeke aan verskeie skole waarby ons maatskappy betrokke is – selfs in ons nabye omgewing kan Unika nie vergelyk word nie ! 

Sulke standaarde besef ek word beheer en bestuur en handhawing daarvan deur goed opgevoede kinders wat hulle omgewing respekteer !

Baie geluk en hou asseblief so aan !

 

 

Van skool verander

Net weer vir jou sê hoe bly ek is dat ek verlede jaar die skuif gemaak het van 'n 'ander skool' af na Unika!!!! (Ek het nie-bewustelik deur my lof aan Unika, al 2 ander "maatjies" ook 'saamgebring', en bly om te sê al 3 ons kinders is baie gelukkig.)

Baie dankie vir julle  positiewe uitkyk, wat beslis deurkom in alles wat julle aanpak met liefde en vriendelikheid. Die personeel is SO behulpsaam en positief, dis net 'n plesier om deel te wees van die Unika familie!! 

Ek weet nie of julle elke dag besef watter verskil dit maak in 'n kind se lewe en gemoeds-toestand maak wanneer hulle in 'n positiewe, liefdevolle omgewing is waar hulle aanvaar word en positief gemotiveer word nie, maar dis sienbaar in die kinders se gelukkigheid!!

Van 'n gesin wat verhuis het:

"Graag wil ek uit die diepte van my hart viralmal by Unika baie dankie sê vir die moeite en spesiale aandag wat u so vrylik aan my kinders gegee het vandat hulle in u skool ingeskryf is. Hulle is nou kinders wat gelukkig is en floreer in die skool opset. Voorheen was elke dag 'n stryd wat met baie trane gepaard gegaan het.

Ek het te doen met baie skole en die werkinge daarvan en ek moet u komplimenteer met dit wat u by u skool bereik. Die personeel is passievol in wat hulle doen en werk baie hard aan die behoud van die kind in sy geheel. My kinders het baie waarde as individue by u gewerf en dit is waardes wat vir altyd by hulle sal bly.

Weereens dankie vir die ontelbare skatte van menswees wat u aan my kinders gegee het, ons sal u altyd dankbaar wees."

Van ouers wie se kind hoërskool toe is:

"Hiermee wil ek net baie dankie sê vir al die tyd en moeite wat al die leerkragte aan die opvoeding van die kinders spandeer. Ons as gesin het altyd geweet dat Unika 'n puik skool is, maar ek het eers hierdie jaar besef tot watter mate julle in 'n klas van julle eie is.

(My seun) is in Graad 8 ....... Baie van sy mede-skoliere se punte het aansienlik gedaal in die Hoërskool in vergeleke met die prestasies wat hulle op Laerskool behaal het - sommiges soveel as 30% in 'n vak soos Wiskunde. (Ons seun) se prestasies daarenteen het slegs verbeter. Ons kom al hoe meer tot die besef dat die standaard van onderrig by Unika van bostaande gehalte is en dat min ander laerskole wat ons mee in aanraking kom met Unika vergelyk.

Doen so voort met die basis wat julle lê. Julle kan nie verkeerd gaan nie."

'n Brief van 'n oud-leerder, uit Australie:

"I got home one Tuesday afternoon after a long day of school. I went straight to my family computor and got stuck into my French homework. When I finished all my work, I got a bit bored. I opened my bedroom cupboard door and out fell a familiar photograph. A school photograph taken back in the good year of 1999. It was a school photo of my class at Unika Laerskool. I went and sat at my desk as I was taken back to my South African school days as I studied this photograph while it replayed in my memory of South Africa.

 

My days at this great school....

All the fantastic and down to earth educators,

the students so welcoming and free...

those were the days where stress was no problem.

The school that taught me the true values in life.

The school that gives every student the chance to dream, to be free from every day life, and to live like any student deserves to live. Where in summer students run barefoot and the freshly cut grass (thanks to Philemon, Frank or Wilson) will now make me think of that time.

The staff at the front office. When was there a day where I had a bleeding nose that Tannie Hilda Smit could not fix? Or a cheque that Tannie Harriet Botes could not take care of? The Athletic Carnivals were the best. The perfect place to show your true colours, no matter if you were in the cheering crowd or a first class runner, Unika accepts anyone. And the nursery school next door... The preparation for the student everyone should strive to become. Not one bad day did I have at Unika.

But times have changed and life has moved on....

I have moved to another country and bettered my English vocabulary because the Afrikaans language is not known to many here Down Under.

Very sad issue, Juffrou Hayes, I am truly and deeply sorry for this!

In my heart will always lie the good-humoured Mr. Oosthuizen, the wisdom of Juffrou Hayes, the kindness of Juffrou van Jaarsveld, the motivation of Juffrou van Zyl, the three words of Sotho I still remember from Mr. Buys, the sweet songs I will never forget thanks to Juffrou Van den Bergh, and the senior choir camp I will never forget thanks to the laughter Juffrou Van der Poel gave me!!! The English I could not survive without thanks to Juffrou Sutherland! The teacher who needs the most thanking, Juffrou Hayes who gave me the language which makes my culture glow.

These people have basically created me and the things they taught me in life are not the things I will need to help me build my career, the things they taught me are how every person should live and respect the true meanings in life. Without these morals, I would not be the person I am today. I would not have been top of my class in English in the year 2002. (Not too bad for a Boertjie!?) I would also not have finished top of my year in drama in 2003, out of 50 studens. I would not be the committed Christian I am today.

 

So coming back to reality now and thinking back to my days at Unika Laerskool. Although I am 14 000 km away and living in Australia, attend an English high school, never really got great grades in primary school, I want to thank Mr. Schaefer and his staff for making my sister and I the people we are today, although I am a sixteen year old girl I will turn to my primary school as an example of how to live and follow the guidance once taught to me by the people I now look up to and admire. Ek sal altyd aanhou bou!!!!

By Unika is elkeen 'n held

Ek het gistermiddag die kriektwedstryd tussen Laerskole Fairland en Unika bygewoon en ek wil graag vir Unika gelukwens met hul vertoning. Alhoewel Fairland die wedstryd gewen het – hulle het ‘n baie sterk tweede span – het Unika se manne hul baie goed van hul taak gekwyt. Op een stadium het hul kolwers ons Fairlanders geweldig frustreer! 

Daar is egter een speler in die besonder, vir wie ek graag wil gelukwens, al glo ek nie daaraan om spelers uit te sonder in ‘n spansport nie. Maar, hierdie jong man het ‘n sagte plekkie in my hart en daarom die brief. Sven van Zyl het met sy hele hart deelgeneem aan daardie wedstryd. Hy het nie geboul nie, het nie ‘n geleentheid gekry om te kolf nie, maar hy het sy veldwerk met oorgawe gedoen. Hy het telkemale sy hele liggaam op die spel geplaas om lopies te keer. Ek glo die tekens daarvan sit vandag nog aan sy arms en bene. Sy toewyding het baie beslis sommer ‘n klomp lopies vir sy span gespaar. 

Daar word so dikwels ‘n groot bohaai gemaak van sporthelde, met reg, en die wat uitblink ontvang gewoonlik die eer. Maar in my boek, is outjies soos Sven, die ware helde. Iemand wat aanhou veg, dikwels teen soveel onregverdigheid, verdien om ook raakgesien te word. 

 

Baie geluk aan Laerskool Unika, want julle kry dit reg om die stille helde te laat blom. En baie geluk aan Sven, jy is ‘n ster!

 

 

Hy kry sy plekkie in die son !

Ek wil graag sê datUnika Laerskool op my bord geval het amper soos manna uit die hemel! Die besluit om ons seuntjie na ‘n nuwe skool te skuif was skielik en die voorstel het gekom dat ek Unika moet besoek. As ma wonder jy altyd of jy die regte ding doen vir jou kind en dis ‘n ewige gestry tussen jou kop en jou hart. Dankie vir die persoonlike aandag en absolute plat op die aarde menslikheid.

Ons kind het by Unika aangepas soos ‘n vis in water. Hy is weer vol selfvertroue. Die verandering in sy gemoedstoestand is ongelooflik;die skaam, onversekerde seuntjie wat ons Unika toe gestuur het, het weer vir homself ‘n plekkie in die son gevind. 

Ek is opgewonde om as ‘n Unika ouer die pad saam.te stap. (Ons seun). is trots op sy nuwe skool en sien elke dag uit na ‘n nuwe skooldag.

 

Unika is werklik die skool met die hart!

registreer op              en ontvang nuus soos dit gebeur