Nasorg

Laerskool Unika bied 'n naskool- en huiswerksentrum wat onder die skoolbestuur val, naamlik Unika-Naskoolsentrum.

Leerders wat nie om 13:30 by die skool afgehaal word nie, moet asseblief by hierdie sentrum inskakel. Die naskool- en huiswerksentrum is beskikbaar vir leerders vanaf Graad R tot Graad 7. Naskool-Unikasentrum is op die skoolterrein geleë en operasionele ure is vanaf direk na skool tot 17:30 van Maandae tot Vrydae.

Unika-Naskoolsentrum bied daagliks 'n ligte middagete aan die leerders waarvan die kostes ingesluit is in die maandelikse naskoolfooie.

Unika-Naskoolsentrum bied ook vakansiesorg vanaf 07:30 tot 17:30 tydens skoolvakansies.  Unika-Naskoolsentrum is gesluit tydens die eerste week van die Junie/Julie-vakansie asook tydens die Desembervakansie.  Kostes vir die vakansie sorg is nie ingesluit in maandelikse fooie nie en 'n addisionele bedrag word per dag gehef en is  streng vooruitbetaalbaar.

 

Vir navrae kontak Annemé Ferreira : 071 413 4286 of  stuur 'n e-pos aan naskool@unika.co.za.

registreer op              en ontvang nuus soos dit gebeur