Musiek

HOëRSKOOL RANDBURG MAGNEETSKOOL VIR MUSIEK
By Hoërskool Randburg beskik ons oor ‘n ouditorium en tien uiters doeltreffende onderriglokale. Randburg is die enigste Magneetskool in die distrik, wat beteken dat enige leerder van enige skool by ons onderrig mag ontvang.
Dit beteken ook dat ons satelliet- of uitreikskole het, waar ons ‘n diens lewer. Unika is onder andere een van hierdie skole.
Vanaf Gr. 1 – 7 word musieklesse naskool óf by Unika óf by Randburg aangebied – AFHANGENDE VAN ONS ROOSTERS.
Hoërskool Randburg se Magneetskool vir Musiek het tans ongeveer 230 leerders met ses permanente GDO-personeellede, een deeltydse kitaarpos, asook ‘n Beheerliggaamspos. Dit is die rede waarom u kind uitstekende onderrig, met hoogs gekwalifiseerde onderwysers, teen ‘n minimale bedrag kan ontvang.
Tans word die volgende instrumente aangebied, naamlik: klavier, blokfluit, fluit, kitaar, sang en viool. Slegs kitaar is nie ‘n GDO-aanstelling is nie en dus word ‘n privaatfooi gevra. Vir alle leerders vanaf Vg. 1 word ‘n GRATIS weeklikse teorieklas in groepsverband ingesluit.
Vakmusiek word ook as sewende en agtste vakke by Hoërskool Randburg aangebied.
Die leerders kry die geleentheid tydens interne konserte om op te tree, asook aan Kunswedstryde, Unisa, ABRSM en Trinity eksamens deel te neem. In hierdie verband word jaarliks uitstaande prestasies gelewer. Heelwat van ons leerders verskyn op Unisa se ererol, wat beteken dat hulle 90%+ in sekere eksamens moes behaal het. Aan die einde van elke jaar het ons ook ‘n Prestige Prysuitdeling, waar daar aan al ons puik prestasies erkenning gegee word. Die Magneetskool hanteer die musiekafdeling van die Sentraal Gauteng Kunswedstryd, wat jaarliks in getalle groei. Heelwat van ons leerders presteer hier as kategorie – en algehele wenners.
By Hoërskool Randburg se Magneetskool vir Musiek, poog ons om alle leerders die maksimum moontlik blootstelling te gee en elkeen volgens sy eie behoeftes te laat ontwikkel.
Vir meer inligting kan u gerus 011 888 3536 skakel of ‘n e-pos na esti.esterhuizen@hsrandburg.co.za stuur.
Vir u gerief heg ons ook ‘n aansoekvorm aan.
Vriendelike Magneetskoolgroete
Sarie Jacobs
Departementshoof
View the embedded image gallery online at:
https://www/hsrandburg.co.za/kultuur/musieksentrum#sigFreeldc21cc76f66

registreer op              en ontvang nuus soos dit gebeur