Opvoedkundige toere

Graad 4- Camp Discovery

 

Reeds vanaf Graad 3, word daar gepraat en gedroom oor die leerders se eerste skooltoer in Graad 4. Party voel baie opgewonde, ander dalk meer senuweeagtig, maar glo my as ek sê: Camp Discovery stel nooit teleur nie!

 

Op Woensdag, 28 September, was daar reeds ‘n groot groep graad 4-leerders wat vroegoggend baie opgewonde gewag het vir die busse om gepak te word. Pret en plesier het begin die oomblik toe die busse deur Camp Discovery se hekke gery het. Daar is dadelik weggespring met kamerindelings, speletjies en ‘n ken-mekaarsessie. Voor die leerders hulle oë kon uitvee, was dit tyd vir middagete, gevolg deur swemtyd. Swemtyd het net op die regte tyd gekom, want daardie wêreld raak vroeg reeds vuurwarm. Na swemtyd was daar nog speletjies en na aandete was dit tyd om nagmars te gaan doen.

 

Na ‘n goeie nagrus en ‘n stewige ontbyt is die leerders in 3 groepe verdeel. Elke groep het ‘n kans gekry om op ‘n wildsrit te gaan, pyl en boog te skiet en om as ‘n groep ‘n groot kettie te bou wat moes werk. Na middagete is daar weer in die swembad baljaar, maar hierdie keer het mnr. Christiaan en mnr. Stian saam met die leerders afgekoel en dit het natuurlik gelei tot groot pret! Daar is waterkaskanades gehou en ‘n hindernisbaan is ook voltooi. Die heel lekkerste van die hele toer was toe die leerders in die modderpoele gespeel het. Die leerders was bedek in modder vanaf hulle kroontjies tot by hulle toontjies! En wat is ‘n toer sonder Lantern bekruip? Die leerders was doodmoeg, maar dolgelukkig toe hulle Donderdagaand gaan slaap het.

 

Vroeg na ontbyt, Vrydagoggend was dit tyd vir groet. Die busse was doodstil oppad terug na Randburg..... ‘n goeie teken is dat daar hard gespeel is en hope wonderlike herinneringe gemaak is.

Graad 5 - Buffelspoort

Beslis een van die lekkerste toere!

 

Ons het ons eie woonstelle gehad, met ‘n TV, kombuis, twee badkamers en ‘n klomp beddens, o ja, amper vergeet ek, al my vriende en natuurlik die belangrikste – lekkergoed, koeldrank, biltong, “chips” en sommer nog baie ander lekkergoed. 

 

Ons het ses fasiliteerdes gehad wat vir ons speletjies gereël het, kopkrappers wat ons moes oplos asook baie swemtyd waar ons op die waterglybaan kon gly. Die kos was baie lekker en ons kon eet soveel as wat ons wou. Natuurlik was daar ook ‘n “cool” snoepie waar ons nog meer lekkergoed kon koop. Ons kon sien dat die onderwysers ook die toer saam met ons geniet het!

 

Graad 6 - Konka

Die toer kan in 6 woorde beskryf word: modderig, sonnig, ongelooflik, lekker, spanwerk en avontuur!

 

Die graad 6-leerders het met groot opwinding by Unika vertrek en die toer afgeskop met ‘n stop by Wimpy vir middagete. By die kampterrein het elkeen hulself voorwaar gate uit geniet! Daar is sommer dadelik met aktiwiteite begin waarvan die hindernisbaan, die eerste aktiwiteit was. Elke leerder het deelgeneem aan die aktiwiteite en dit was lekker om te sien hoe hulle mekaar ondersteun en motiveer. Almal is in spanne opgedeel en ons het baie van spanwerk geleer. Elke span moes ‘n naam en kreet kies wat bestaan het uit ‘n kleur, ‘n vrug of ‘n dier. ( Daar het baie vreemde name uitgekom!)

 

Die hindernisbaan en blinddoek-natgooi-speletjies was die meeste pret van alles en die laaste aand het almal op 'n nagmars gegaan.

 

Dit was beslis ‘n toer om te onthou!

 

 

Graad 7 - Bergventure, Drakensberge

Beplanning en opgewondenheid was weke voor die tyd aan die orde van die dag. Uiteindelik het die groot pak begin. Horlosie het aangetik en Dinsdagoggend om 06:00 is tasse gepak en twee busse met babbelende kinders het die pad gevat – Drakensberge toe.

 

Die pad is korter gemaak deur kake wat aanmekaar beweeg het – nie net van klets nie, maar ook van kospakkies wat met die intrapslag al oopgeskeur en verslind is. 2de stop by Harrismith is verskeie eetplekke ingestorm en weereens kosvoorraad aangekoop of in Wimpy gesit en eet.

 

Laaste skof na nog ’n stopplek, het tot ’n einde gekom na verskeie benoude gilletjies opgeduik het toe die busse teen slakkepas teen die berghange voortgestu het en verskeie oë maar menigmale gesluit is teen die afgronde wat na hulle gegluur het. So naby, maar tog so ver, busse kan nie deur die drif nie en tone klap was elke kind se voorland. 

 

Almal is vinnig in groepe gedeel na elkeen ’n nessie in verskeie kamers geskrop het. So het die lang verwagte aktiwitieite begin. Onheilspellende hoogtes is teen bome uitgeklim en modderbaddens het die warm en moeë lywe gelawe met die hindernisbaanaktiwiteite. Daar’s gegly oor die modderdam met “zipline” en vlotte is gebou om oor die modderdam te vaar. Sommige suksesvol, ander op hul nooiensvaart soos Titanic, gesink.

 

Byeplaas is besoek en geleer oor die waarde van bye, asook die reptielplaas. Gille en histerie het by verskeie opgevlam oor slange wat dooie witmuise insluk, harige spinnekoppe wat oor hande loop, krimpvarkies wat harte gesteel het ens.

 

Wat ’n belewenis was die voëlvertoning wat in die buitelug gehou is. Soveel interessante inligting is deurgegee oor die gewoontes van die verskillende voëls. Baie het na hul asems gesnak wanneer die valke op jou afduik en jy voel hoe die wind van sy vlerke jou hare op jou kop laat oplig.

 

Daar kan nie net na die siel van die kind gekyk word deur die insiggewende sessies wat deur die dominee aangebied is en die natuurbelewenisse wat met elke kindersiel “gepraat” het nie; die innerlike moes ook gevoed word. Wafelhut! Yskoue, stroopsoet roomys wat smelt oor vuurwarm wafels en afgesluk word deur ’n glas koeldrank – wat wil jy meer in die lewe hê?

 

So kom alle goeie dinge tot ’n einde – potjiekos! Elkeen dra by tot die volmaakte potjie wat gemaak word in elke groep. Rook versmoor die longe, brand die oë, maar wie gee om? Vir oulaas word daar langs die vure gesels en gekuier, gelag en geskerts! Later die aand is die bodem van elke potjie gesien en lippe afgelek. Soos die horlosiewysers die ure om tik, is die tasse later gepak en begin met die opruiming vir die terugtog die volgende dag.

 

Toe die son die volgende oggend lui sy kop uitsteek, is daar totsiens gesê, tasse in die busse gepak, nes geskrop in die bus en moeg, maar met ’n dankbare en blymoedige hart die terugtog aangepak, huiswaarts en terug na elke verlangende ouerhart!

 

 

Opvoedkundige toere word jaarliks aangebied vir graad 4 tot 7 leerlinge. Toere vind plaas die eerste week na die September vakansie.  Die toere word gefasiliteer deur opgeleide personeel van die onderskeie instansies.  Die kostes vir die toere is reeds ingesluit in die skoolfonds.

INTERMEDIêRE FASE
Algemene inligting graad 4 tot 6

SLAAGVEREISTE

Afrikaans: Ten minste vlak 4 (50%)

Engels: Ten minste vlak 3 (40%)

Wiskunde: Ten minste vlak 3 (40%)

Natuurwetenskap, Sosiale wetenskap, Lewensoriëntering: Ten minste vlak 2 in twee van hierdie vakke (30%)

BEREKENING VAN PUNT WAT OP RAPPORT VERSKYN

Deurlopende assessering: 75%

Formele assessering: 25%

HUISWERK, KLASWERK EN DAGBOEK

Alle leerder ontvang 'n Unika-dagboek.

Leerders kry genoeg tyd om huiswerk in hul dagboeke af te skryf.  Leerders moet hulle dagboeke  gebruik.

Die onderwyser stap deur en maak seker dat huiswerk afgeskryf word.

Daar is dae wanneer leerders nie huiswerk het nie (bv. atletiekbyeenkomste, ens.) dus sal daar dan nie huiswerk in die huiswerkboek aangeteken wees nie.

Huiswerk is verpligtend, maar indien daar ‘n probleem was en die leerder nie die huiswerk kon voltooi nie, moet u asb. dit aan die onderwyser deurgee. (Skryf in dagboek/ e-pos asb.) Indien daar ‘n gereelde patroon is sal dit met die graadhoofde opgeneem word. Leerders moet die verantwoordelikheid neem vir werk wat nie voltooi is nie.

Afrikaans- en Engels mondeling: Daar is slegs een voorbereide mondeling per kwartaal in beide tale.

Die onderwerp word ten minste 2 weke voor geskeduleerde datum deurgegee. Indien leerder nie voorberei het vir mondeling nie, sal hy/sy onvoorbereid moet praat. Die toespraak moet asb. in beplanningsboek geskryf / geplak word. Flitskaarte is verpligtend.

Lees: Leerders moet hul eie boeke tuis lees waarna ‘n boekverslag ingevul moet word. 

Sien asb. klaskamerpraktyk wat voor in skrifte geplak word. Let wel, leerders mag ‘n ‘Kindle’ saambring, maar dit bly die leerder se verantwoordelikheid om dit op te pas.

Speltoets: verskillende grade skryf op verskillende dae van die week. Sien onder spesifieke graad vir inligting.

Die spellyste word aan die begin van die kwartaal uitgedeel. Dit word nie elke week in die dagboek afgeskryf nie.

Die rekenaarsentrum is Dinsdae middae  oop van 13:30 tot 15:00. Internettoegang en 'n drukker is beskikbaar. 

​AFBAKENINGS/TOETSE/EKSAMEN

Kwartaal 1 en 3 = Toets

Kwartaal 2 en 4 = Eksamen

Afbakening word ‘n week voor die geskeduleerde toets aan leerders uitgedeel. Dit is ook op D6 beskikbaar.

Tydens die eksamen kom die skool 12:00 uit.  Daar is wel toesig tot 13:30 beskikbaar.

Indien ‘n leerder afwesig is tydens ‘n toets, word die toets geskryf die eerste dag wat hy/sy terug is by die skool. Geen deurlopende punt word gebruik nie.  Sieketoets sleg met doktersbrief toegelaat.

Rapporte word aan die einde van elke kwartaal uitgedeel.

Oueraande is geskeduleer aan die einde  van kwartaal 1 en 2. Sien asb. jaarprogram, webblad en D6.

Kwartaal 3 maak ondewysers individuele afsprake met ouers/voogde waar nodig.

Rapporte word aan die einde van elke kwartaal uitgedeel.

ASSESSERINGSKAAL

Die 7-punt skaal word gebruik.

Kode           %               Beskrywing

7               80-100         Uitmuntend

6               70-79           Verdienstelik

5               60-69           Beduidend

4               50-59           Voldoende

3               40-49           Matig

2               30-39           Basies

1               00-29           Ontoereikend

GRAAD 4

PERSONEEL

REGISTERKLASSE

Chanel Boshoff

Graad 4 A

Klasnommer 4

Marzanne Koch

Graad 4 U

Klasnommer 5

Stian van Dyk

Graad 4 K

Klasnommer 9

Estelle Els

Graad 4 N

Klasnommer 8

Graadvoog

VAKKE​

1.   Afrikaans:   Louise Oliver

2.   Engels:   Suzette O'Connell

3.   Wiskunde:    Estelle Els

4.   Natuurwetenskap en Tegnologie:  Philip Voigt 

5.   Sosiale Wetenskap:  Stian van Dyk

              Geografie 

              Geskiedenis

6.   Lewensvaardighede:  

              Kreatiewe Kunste:  Chanel Boshoff

              Persoonlike- en Sosiale Welstand:   Estie Pansegrouw

              Bewegingsleer  (BL-drag verpligtend) :  Anton van Nieuwenhuysen

7.   Rekenaargeletterdheid: (Beïnvloed nie leerder se gemiddeld nie) Marzanne Koch

SPELTOETSE

Graad 4's skryf weekliks speltoetse. Engels elke Donderdag en Afrikaans elke Woensdag.

GRAAD 5

PERSONEEL

REGISTERKLASSE

Vincent Oosthuizen

Graad 5 U

Klasnommer 7

Philip Voigt

Graad 5 A

Klasnommer 20

Kobi Alberts

Graad 5 

Klasnommer 18

Zani Geldenhuys

Graad 5 N

Klasnommer 12

Graadvoog

VAKKE

1.  Afrikaans:   Kobi Alberts

2.  Engels: Zani Geldenhuys

3.  Wiskunde:  Vincent Oosthuizen

4.  Natuurwetenskap & Teg: Philip Voigt

5.  Sosiale Wetenskap:  Anton van Nieuwenhuizen

        Geografie 

        Geskiedenis 

6.  Lewensvaardighede:  

        Kreatiewe Kunste: Chanel Boshoff

        Persoonlike- en Sosiale Welstand: Elna van Zyl

        Bewegingsleer (BL-drag is verpligtend): Anton van Nieuwenhuizen

7.  Rekenaars: (beïnvloed nie leerder se gemiddeld nie):   Marzanne Koc

SPELTOETSE

Speltoetse word weekliks geskryf in albei tale. Afrikaans elke Woensdag en Engels elke Vrydag. 

Wiskunde klastoets word elke Vrydag geskryf.

GRAAD 6

PERSONEEL

REGISTERKLASSE

Belinda Swanepoel

Graad 6 K

Klasnommer 3

Graadvoog

Sharne van Schalkwyk

Graad 6 U

Klasnommer 17

Ruan Benadie

Graad 6 N

Klasnommer 30

Anton van Nieuwenhuizen

Graad 6 A

Klasnommer 16

VAKKE

1.   Afrikaans:  Belinda Swanepoel

2.   Engels:  Sharne van Schalkwyk

3.   Wiskunde:  Ruan Benadie

4.   Natuurwetenskap en Teg:  Neal Stevenson

5.   Sosiale Wetenskap:  Hoffman Buys 

       Geografie

       Geskiedenis

6.   Lewensvaardighede:        

        Kreatiewe Kunste: Chanel Boshoff

        Persoonlike-  en Sos. welstand : Christo van Zyl                                                                                                

        Bewegingsleer (BL-drag is verpligtend): Anton van Nieuwenhuizen 

7.   Rekenaargeletterdheid (Beïnvloed nie leerder se gemiddeld nie): Marzanne Koc

SPELTOETSE

Speltoetse word weekliks geskryf in albei tale.  Afrikaans elke Woensdag en Engels elke Donderdag.

SENIORFASE

GRAAD 7

PERSONEEL

REGISTERKLASSE

Hoffman Buys

Graad 7 U

Danélle Dawe

Graad 7 N

Paul Nortje

Graad 7 K

Neal Stevenson

Graad 7 A

VAKKE

1.  Afrikaans:  Angelique Godfrey

2.  Engels: Danelle Dawe

3.  Wiskunde: Paul Nortje

4.  Natuurwetenskap: Neal Stevenson

5.  Tegnologie: Tegnologie

6.  Sosiale Wetenskap: Hoffman Buys

        Geografie

        Geskiedenis 

7.  Lewensvaardighede:

        Kreatiewe kuns: Chanel Boshoff

        Lewens-oriëntering: Christo van Zyl

        Bewegingsleer   (BL-drag is verpligtend): Anton van Nieuwenhuizen

8.   EBW: Danelle Daw en paul Nortje

9.   Kreatiewe Kuns: Chanel Boshoff

10. Rekenaargeletterdheid (Beἴnvloed nie leerder se gemiddeld nie): Neal  Stevenson

SLAAGVEREISTES

Afrikaans: Ten minste vlak 4 (50%)

Engels: Ten minste vlak 3 (40%)

Wiskunde: Ten minste vlak 3 (40%)

NW, SW, LO: Ten minste vlak 2 in twee van hierdie vakke (30%)

BEREKENING VAN PUNT WAT OP DIE RAPPORT VERSKYN

Deurlopende assessering:  40%

Formele assessering: 60%

AFBAKENING, TOETSE EN EKSAMEN

Kwartaal 1 en 3 = Kwartaaltoets

Kwartaal 2 en 4 = Eksamen

Afbakening word ‘n week voor die geskeduleerde toets aan leerders gegee. Hulle moet dit self afskryf. Dit is NIE vir Gr. 7 op D6 beskikbaar NIE.

SPELTOETSE

Speltoetse word weekliks geskryf in beide tale.  Afrikaans elke Woensdag en Engels elke Vrydag

 

registreer op              en ontvang nuus soos dit gebeur