Eisteddfod

Eisteddfod
Eisteddfod is meer as net nog 'n aktiwiteit waaraan die leerders by Laerskool Unika deelneem. Eisteddfod is 'n kans vir elke leerder om sy passie uit te leef. Dit is 'n kans om hulle verbeelding te verbreed en om vir 'n oomblik te wees wie en wat hulle graag sal wil wees. 

Elke jaar neem leerlinge aan 'n verskeidenheid items deel - van mimiek tot samespraak. Unika het in 2017 'n indrukwekkende 211 individuele deelnemers gehad. Daar is ook 7 groepe deur die skool ingeskryf, wat die kore en spreekkore insluit. Daar is 19 senior- en 25 junior-leerders hierdie jaar genooi om die NEA gala-aand by te woon. Leerders was onder andere die wenners van 'n Ambassadeurstoekenning, itemwenners asook kategoriewenners.

Laerskool Unika is die jaar tydens die NEA-Toekenningsaande as algeheel 3de in ons streek aangewys.

registreer op              en ontvang nuus soos dit gebeur