Leierontwikkeling

By Laerskool Unika fokus ons in graad 7 nie om leiers aan te wys nie, maar om die hele graad se leierseienskappe te ontwikkel.  Ons laat hulle uitstaan deur spesiale graad 7 drag te dra en pak verskillende projekte en werkswinkels aan.​

Aan die begin van die jaar ontvang elke leerder 'n graad 7 das (dogters) en pet (seuns) wat deur ons hoof in 'n formele serimonie oorhandig word.

Deur die jaar word daar gefokus op die vier hoofpilare en die projekte en opleiding word ook rondom die pilare bymekaar gesit.

  • Ek/self/ander: Hierdie pilaar fokus ons op persoonlike ontwikkeling.

  • Skool: Hierdie pilaar sal fokus op die skoolpligte van leerderontwikkeling. Diensbeurte tydens voorskool en pouses soos op die terrein, stoepe, sportvelde, ens. 

  • Gemeenskap: Die fokus sal lê op die pligte van die skolierpatrollie en die dienslewering aan die gemeenskap. Elke klas sal dus hul eie gemeenskapsprojek kies en beplan.

  • Leierskap in aksie: Die fokus sal gerig wees op leierskap in aksie. Elke klas nooi ʼn leierfiguur in die gemeenskap uit om met die betrokke klas te kom gesels. 

Luister gerus na ons hoof, dr. Etienne se onderhoud met MD greyling oor die onderwerp.

https://www.pretoriafm.co.za/skuins-voor-pouse-28-augustus/

registreer op              en ontvang nuus soos dit gebeur