Buite skoolverband

Ritmiese gimnastiek

Chiara het Saterdag, 29 Julie, aan die North Zone SAGF Rythmic Kompetisie deelgeneem en ’n goue en silwer medalje verower. Dit is ’n nasionale kompetisie.

Sy het Gauteng verteenwoordig. Daar was 6 provinsies wat deelgeneem het met hul top 12 gimnaste: Gauteng, Limpopo, KZN, Noordwes, Vrystaat en Mpumalanga.

Chiara het eerste gekom in Apparatus (tou), 5de in Free Dance en algeheel 2de in haar ouderdomsgroep.

 

Mikka van Niekerk in graad 6, het op 5 Augustus deelgeneem aan die jaarlikse 'Gold Reef Rhythmic Gymnastic Competition' in Johannesburg. Sy wen 2 goue en 1 bronsmedalje en ook algehele eerste plek vir Level 5.

 Sentraal Rugby

Die volgende seuns is vir die Sentraal Rugby kliniekspanne vie 2017 gekies. 

Wade Kroezen, Dian Buys, Ruan Potgieter en Ruben Streurer is vir die 0/11 en 0/12 15-man spanne gekies en Ruan van Zyl vir die 0/13 7's span.

Die spanne speel  op die 12de, 19de en 26ste Augustus teen die ander streke. 

Gimnastiek

Gimnastiek: Matthew  Endrödy-Younga het op 29 Julie 2017 deelgeneem aan ‘n vriendskaplike kompetisie in Kempton Park.

Hy het algeheel 1ste geëindig in vlak 4, 11 en 12 jarige groep.

Vir die onderskeie apparate het hy 1 goud en 3 silwer medaljes verower.

Hy het ‘n gemiddeld van 9.36 behaal.

Artistiese gimnastiek

Prestasie in Klas 2(High Performance) behaal: 

Kevin Marais het op 29 Julie 2017 aan die Gimmagic Artistiese Gimnastiek kompetisie in Kemptonpark deelgeneem. 

Hy behaal die volgende plekke: 

3deplekopRekstoken  2deplek op Beulperd

2de plek op Ringe

2de plek op Spronge

1ste plek op Vloer 

1ste ple kop Brugo

Algehele 1ste in Klas 2 (High Performance).

Hokkie

Aan die begin van die jaar is Luke Wilson is gekies vir die D10 0/13 hokkiespan. 

Hulle het gedurende die seisoen deelgeneem aan die Southern Schools Hockey Festival en die Beaulieu District hockey festival waar hulle goud verower het. Luke het tydens die vakansie deelgeneem aan die SASHOC U13 toernooi te Hilton College waar die D10-span teen baie sterk kompetisie van provinsiale spanne in die 8ste plek geëindig het.

Luke het ook aan die einde van die tweede termyn sy Vlak 0 skeidsregter eksamen geslaag en is nou 'n gekwalifiseerde skeidsregter.

 

Aan die begin van die jaar is Helen Wilson gekies vir die D10 0/12 hokkiespan. 

Sy is ook aangewys as kaptien van die span.

Helen het as lid van die D10 span gedurende die seisoen deelgeneem aan die Best of the West hokkie toernooi, die Southern Schools Hockey Festival en die Beaulieu District hockey festival. Sy het tydens die vakansie deelgeneem aan die U12 toernooi in Krugersdorp waar die D10

Dogters die goue medalje verower het. Helen was 'n ware steunpilaar vir

haar span en het uitstekende hokkie gespeel en haar span met 100% toewyding gelei.

Helen het ook haar Vlak 0 skeidsregter eksamen geslaag en kan nou diens doen as gekwalifiseerde hokkie skeidsregter.

Dans

Twee dogters van Unika Laerskool het die afgelope naweek deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vir Highland (Skotse) dancing. Hulle het onderskeidelik gedans in die Premier Nationals afdeling en die Championship Highland afdeling. Agt veskillende danse in hierdie afdelings is gedans.

 

Marlé Bosman (graad 7) het ń algehele 5e plek in die ouderdomsgroep 12 tot 15 jaar behaal.

Jana van den Berg (graad 6) het ook 'n algehele 5e plek behaal in die ouderdomsgroep 7 tot 11 jaar.

Swem

Sebastian Reyneke het deelgeneem aan South African Regional Swimming Championships en onderstaande plekke behaal:

100m Borsslag (4e plek)

200m Individual Medley (5e plek)

100m Rugslag (6e plek).

Swem

Sebastian Reyneke het deelgeneem aan South African Regional Swimming Championships en onderstaande plekke behaal:

100m Borsslag (4e plek)

200m Individual Medley (5e plek)

100m Rugslag (6e plek).

Perdry

Baie geluk aan Moné wat die naweek weer baie goed gevaar het in haar tweede Sanesa kwalifiseerder. Die kompetisie was baie strawwer as die vorige rondte en hulle het die baantyd baie vinnig gemaak, so die deelnemers moes hard druk om die baan te voltooi.

 

Sy was eerste in die 40cm Ideale Tyd klas, en derde in die 40cm spring kompetisie.

 

Die foto is van haar in aksie op Blue Moon.

registreer op              en ontvang nuus soos dit gebeur